Fasiliteite

Fasiliteite

  • Linne, donsduvets en komberse
  • Muskietnette in die somer en warmwatersakke vir die winter
  • Tente of muskietnettente met matrasse en bedrolle vir kinders
  • Sonkragligte en -kragpunte vir die laai van selfone
  • Kamp ys-/vrieskas (slegs vir Willem Sternbergwa, res op aanvraag ekstra)
  • Eetgerei en breekware
  • Kookgereedskap (insluitend stofie vir kookwater, ketels, gietysterpotjies, pan, broodpan)
  • Moerkoffie, tee, boerbeskuit, outydse soetkoekies word daagliks voorsien
  • Papmeel, bierbroodbestanddele en braaipakkies sal op aanvraag te koop wees
  • Kuierarea met vuurmaakput; miershoopbakoond
  • Die eerste bondel hout word voorsien
  • Badkamers het ‘n toilet, wasbak en ook ‘n stort met warm water (die Nimrodwa lyk bietjie anders…)
  • Handdoeke, waslappe, bio-afbreekbare lyfseep, sjampoe en opknapper
  • Plaasdam (voorsien asb. eie handdoeke)
  • Geen TV of Wi-Fi nie, maar wel ‘n jukskeibaan, ketties en ‘n sweep om ou verlore vaardighede aan te leer of op te knap!

 

Back to Top