Albertus Petrus se Nimrod jagterswa

Albertus Petrus se Nimrod jagterswa

Albertus Petrus se Nimrod jagterswa (vir die avontuurlustiges, wat nie van baie geriewe hou nie…)

Tariewe:

  1. (Alleenstaande) Albertus Petrus se Nimrod jagterswa Ø750 per wa(Slaap maksimum twee persone)

Addisioneel:

Tente/muskietnette met matrasse en bedrolle vir kinders: Ø200 per kind onder 12

Ø300 per kinder 12 – 17 jaar

Afslag:

10% afslag vir Orania Beweginglede

10% afslag wanneer u 2 of meer nagte slaap

10% afslag vir betaling in Ora

Openingsaanbod terwyl konstruksie nog plaasvind: 20% afslag

Fasiliteite:

  • Linne, donsduvets en komberse
  • Muskietnette in die somer en warmwatersakke vir die winter
  • Tente of muskietnettente met matrasse en bedrolle vir kinders
  • Sonkragligte en -kragpunte vir die laai van selfone
  • Kamp ys-/vrieskas (slegs vir Willem Sternbergwa, res op aanvraag ekstra)
  • Eetgerei en breekware
  • Kookgereedskap (insluitend stofie vir kookwater, ketels, gietysterpotjies, pan, broodpan)
  • Moerkoffie, tee, boerbeskuit, outydse soetkoekies word daagliks voorsien
  • Papmeel, bierbroodbestanddele en braaipakkies sal op aanvraag te koop wees
  • Kuierarea met vuurmaakput; miershoopbakoond
  • Die eerste bondel hout word voorsien
  • Badkamers het ‘n toilet, wasbak en ook ‘n stort met warm water (die Nimrodwa lyk bietjie anders…)
  • Handdoeke, waslappe, bio-afbreekbare lyfseep, sjampoe en opknapper
  • Plaasdam (voorsien asb. eie handdoeke)
  • Geen TV of Wi-Fi nie, maar wel ‘n jukskeibaan, ketties en ‘n sweep om ou verlore vaardighede aan te leer of op te knap!
Albertus Petrus se Nimrod jagterswa

Klik hier om te bespreek

 

Back to Top