Verkykerskop se Bokwa

Verkykerskop se Bokwa

Verkykerskop se Bokwa deel ‘n badkamer

Tariewe:

Verkykerskop se Bokwa               Ø800 per wa

(Slaap maksimum twee persone)

Addisioneel:

Tente/muskietnette met matrasse en bedrolle vir kinders: Ø200 per kind onder 12

Ø300 per kinder 12 – 17 jaar

Afslag:

10% afslag vir Orania Beweginglede

10% afslag wanneer u 2 of meer nagte slaap

10% afslag vir betaling in Ora

Openingsaanbod terwyl konstruksie nog plaasvind: 20% afslag

Fasiliteite:

  • Linne, donsduvets en komberse
  • Muskietnette in die somer en warmwatersakke vir die winter
  • Tente of muskietnettente met matrasse en bedrolle vir kinders
  • Sonkragligte en -kragpunte vir die laai van selfone
  • Kamp ys-/vrieskas (slegs vir Willem Sternbergwa, res op aanvraag ekstra)
  • Eetgerei en breekware
  • Kookgereedskap (insluitend stofie vir kookwater, ketels, gietysterpotjies, pan, broodpan)
  • Moerkoffie, tee, boerbeskuit, outydse soetkoekies word daagliks voorsien
  • Papmeel, bierbroodbestanddele en braaipakkies sal op aanvraag te koop wees
  • Kuierarea met vuurmaakput; miershoopbakoond
  • Die eerste bondel hout word voorsien
  • Badkamers het ‘n toilet, wasbak en ook ‘n stort met warm water (die Nimrodwa lyk bietjie anders…)
  • Handdoeke, waslappe, bio-afbreekbare lyfseep, sjampoe en opknapper
  • Plaasdam (voorsien asb. eie handdoeke)
  • Geen TV of Wi-Fi nie, maar wel ‘n jukskeibaan, ketties en ‘n sweep om ou verlore vaardighede aan te leer of op te knap!
Verkykerskop se Bokwa

Klik hier om te bespreek

 

Back to Top